Andri Nieuwoudt

Andri Nieuwoudt is ’n afgetrede ginekoloog wat tans in Nederland woon. Ná ’n loopbaan van 14 jaar in Nederland, het hy sy praktyk beëindig, maar nie sy betrokkenheid by mediese innovasie nie. Oorspronklik van Somerset-Wes, het hy in 2002 Europa toe verhuis, waar hy homself spesialiseer het in gevorderde vaginale chirurgie vir bekkenbodemversakkings. Sy tegniese vaardigheid en insig het hom wêreldwyd geneem — van operasiesale in Rusland, Oekraïne, Turkye en Indië tot mediese sentrums in Engeland, Skotland, België en Duitsland. Hy het nie net geoefen nie, maar ook bygedra tot tegniekontwikkeling en opleiding. Saam met sy vrou het hy breed deur Europa gereis, en hierdie ryk lewenservaring vorm die kern van sy huidige skryfwerk. Sy eerste boek, Onthou, is reeds by uitgewers vir beoordeling, en hy werk tans aan ’n tweede manuskrip wat sy unieke mediese en kulturele reisverhale saamweef.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vreesloos Vrees

Price range: R129.00 through R379.00

Hierdie aangrypende memoire deur Andri Nieuwoudt neem die leser op ’n eerlike reis deur die werklikheid van blaaskanker en die pynlike uitdagings van sy vrou se demensie. As geneesheer kyk hy met insig na sy eie diagnose, terwyl hy ook die emosionele impak van sy sterflikheid en prioriteite ondersoek. Terselfdertyd dra hy die las van mantelversorging vir sy vrou, met al die onsekerhede en hartseer wat haar dementia meebring. Deur sy openhartige vertelling weef hy ’n storie van pyn, hoop, liefde en moed wat die leser uitdaag om oor die krag van die menslike gees na te dink.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek onthou boek 1

Price range: R99.00 through R269.00

Wat begin het in die stofstrate van Alexanderbaai, ‘n klein myndorpie aan die weskus van Suid Afrika, wat orals drade wat as lewenservaring beskou kan word, opgetel het in Suid Afrika en later in die res van die wêreld, sal hier weergegee word.
Dis egter maar nie veel anders as jou eie verhaal nie. Dis miskien nie ‘n besondere lewe nie, maar dit is myne en kon joune ook gewees het: dit is wat dit groot maak.
Ek nooi u uit om die pad saam met my te loop wat ek geloop het: ek belowe jou ek sal jou nie verveel nie, want ek was anders, en die andersgeit is my normaal.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek onthou boek 3

Price range: R79.00 through R229.00

(Boek 3 van 3)
Die reis wat begin het in die stofstrate van ‘n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers ‘n jong geneesheer uitgespoeg en later na ‘n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, ‘n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek onthou boek 2

Price range: R69.00 through R189.00

(Boek 2 van 3)
Hierdie lewensreis word voortgesit: gebore in Alexanderbaai, maar-soos dit maar gaan as jy klein is word jy saamgeneem- waarheen het jy geen seggenskap nie en nog minder beheer oor- het. In Upington beland saam met n gesin wat alreeds groot was. Dit was n soort van ontsnappings poging deur my pa. Met die koms van my verstand en bewus wording van my omgewing het ek my in Upington bevind. Blykbaar was ek in n kar gelaai en weggeneem uit my geboorte omgewing.
Soos die ligte van bewuswording in my brein aangekom het, en geleidelik stukkie vir stukkie soos dit met die terugdink na vore kom, is daar aanvanklik los brokkies en later meer aaneenlopende stroke van tydslyns gewaarwordinge.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page