(Boek 3 van 3)
Die reis wat begin het in die stofstrate van ‘n klein myndorpie op die Noordwes grens van Suid Afrika het gelei deur die opleidings eenhede van die Universiteit van Stellenbosch en eers ‘n jong geneesheer uitgespoeg en later na ‘n kort rondreis deur die platteland van Suid Afrika en Suidwes Afrika, ‘n ginekoloog. Die het sy heenkome in Somerset Wes bevind waar hy gesin gebou het, pogings aangewend het om te vestig as Ginekoloog in privaat praktyk, maar tog gedwonge gevoel het om uit te beweeg in die groot onbekendheid van Nederland. Hierdie is ‘n omvang van hierdie laasgenoemde reis. Die voorbereiding as mens was in Namakwaland – die onderwerp van die eerste van die trilogie boeke, die tweede boek vul die voorbereiding as arts en ginekoloog aan.
Die reis is nog nie voltooi nie, en duur voort in hierdie derde deel tot en met die ingaan van pensioen.
Vreesloos Vrees
Price range: R129.00 through R379.00Hierdie aangrypende memoire deur Andri Nieuwoudt neem die leser op ’n eerlike reis deur die werklikheid van blaaskanker en die pynlike uitdagings van sy vrou se demensie. As geneesheer kyk hy met insig na sy eie diagnose, terwyl hy ook die emosionele impak van sy sterflikheid en prioriteite ondersoek. Terselfdertyd dra hy die las van mantelversorging vir sy vrou, met al die onsekerhede en hartseer wat haar dementia meebring. Deur sy openhartige vertelling weef hy ’n storie van pyn, hoop, liefde en moed wat die leser uitdaag om oor die krag van die menslike gees na te dink.
