Anette von Mollendorf

"Moenie wag nie – skryf daardie droom neer."

Anette von Mollendorf is ’n skrywer wie se liefde vir stories begin het op die plaas Sanddrift naby Thabazimbi. As kind het sy visgevang en avonture beleef saam met haar hond Trix en kat Bobbejaan – herinneringe wat vandag haar ryk verbeelding voed.

Sy het eers begin skryf terwyl sy haar moeder met Alzheimer versorg het, geïnspireer deur haar Afrikaanse onderwyser wat haar jare tevore aangemoedig het. Haar eerste boeke sluit in Die Geheim van die Markies D’Almera, Die Swart Draak, Tamaryn, Prinses van die Sewe Seë en Die Geheim van die Maanblom. Sy skryf ook kinderverhale op versoek van haar kleinkinders.

Anette is ook ’n gekwalifiseerde Ethnomedicine Practitioner en glo in die helende krag van stories. Sy woon naby die see, verkies veldblomme bo rangskikkings, en droom steeds van nuwe stories.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die geheim van die Markies D’Almera

Price range: R99.00 through R259.00

Toe Kamilla se pa met Julius se ma trou, kry sy onverwags ’n “broer” wat later haar tweelingbroer blyk te wees. Ná hul pa se dood ontdek hulle hul ware herkoms en besluit om hul afsydige oupa, die Markies D’Almera, in Portugal te konfronteer. Daar ontmoet Kamilla die aantreklike Francesco, wat haar as veearts aanstel by die kasteel. Maar geheime en bedrog wag. Kan sy die Markies se duister verlede ontbloot – of is sommige waarhede té ongelooflik om te glo?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page