Op driejarige ouderdom trou Kamilla se pa, Mynhardt Rossouw, met Julius se ma. Skielik het sy ’n broertjie, wat nie net dieselfde ouderdom as sy is nie, maar ook op dieselfde dag as sy verjaar. Dis eers na Mynhardt se afsterwe wat Kami en Julius uitvind hulle is eintlik ’n tweeling. Hulle moeder, van Portugese afkoms, is oorlede met hul geboorte. Hul vader het nie kans gesien om hulle altwee alleen groot te maak nie. Hy het Kami saam met hom teruggeneem na sy wynlandgoed toe in Suid-Afrika en goeie vriende van hom gevra om na Julius om te sien. Die dag met hul geboorte het hulle oupa, die Markies D’Almera, gesê hy wil niks met enige van hulle Rossouws te doen hê nie. Met ’n plan in haar kop om die lewe vir die hooghartige Markies D’Almera te gaan moeilik maak, vertrek Kamilla en Julius na Portugal.
Kami slaan Francesco Bonatelli se voete onder hom uit die oomblik wat hy sy oë op haar lê. Hy bied haar die pos aan as veearts by die D’Almera kasteel. Vir Julius, wat graag meer oor die wynbou wil leer, reël hy vir werk op die D’Almera wynlandgoed, om Kami sodoende naby aan hom te hou.
Kamilla weet nog nie so mooi presies waar en hoe Francesco by die D’Almera-sage inpas nie, maar hy speel reg in haar hand om haar oupa te ontmasker vir die monster wat hy is. Daar wag egter ’n groot verrassing op Kami by die kasteel, wat sy nooit sou glo as sy dit nie self gehoor of gesien het nie.
Gaan sy dit regkry om die Markies se geheim te ontrafel en vir die wêreld te wys watse wrede mens hulle oupa werklik is?
Dame en die Boemelaar
Price range: R149.00 through R379.00Die storie bied ‘n kombinasie van avontuur, emosionele drama en ‘n tikkie romanse, waar die dinamiek tussen die vrye gees van die boemelaar en die gestruktureerde lewe van die dame kernkomponente vorm.

Reviews
There are no reviews yet.