Anine Fischer
"Dis my hartspraatjies, my gedagtes, my hoop, my hart- en ek hoop dat ek hierdie wonderlike stokperdjie vir die res van my lewe sal mag beoefen!"
Anine Fischer is op 3 Mei 1983 in Klerksdorp gebore en is ’n plaasmeisie van die prentjiemooi Magaliesburg-omgewing. Haar skoolloopbaan het sy in Randfontein voltooi, waarna sy Teologie aan Tukkies studeer het. Daar het sy nie net haar liefde vir Pretoria gevind nie, maar ook die liefde van haar lewe ontmoet. Hulle is in 2007 getroud en is daarna met twee seuntjies, Benjamin en Gideon, geseën.
Na 15 jaar se diens in hul oorspronklike gemeente in Silverton, waar die gemeenskap vir hulle soos familie geword het, fokus sy haar bediening hoofsaaklik op die gestremdheidssektor. Sy waardeer die geleentheid om deel te wees van die lewens en stories van hierdie besondere mense en leer daarby elke dag.
Sy maak graag ’n grap oor haar drie “kinders” wat almal binne drie jaar gebore is: Benjamin (2016), Gideon (2017) en haar PhD (2018). Hierdie tyd was die mooiste, maar ook die mees uitdagende in haar lewe. Dit is daarom vir haar besonder betekenisvol om tyd te maak vir haar passie: skryf. Dit is haar hartspraatjies, gedagtes en hoop, en sy hoop om hierdie stokperdjie vir die res van haar lewe te kan beoefen.
Nickname?
Nina, Niens
Birth Year
1983
Favorite Writer
A.G. Visser