Annatjie Sandrock

"n Ware storie los nie net ’n indruk nie — dit laat iets in jou agter wat jy kan dra, koester en mee groei. — Annatjie Sandrock"

Annatjie Sandrock is ’n skrywer van ligte leesstof met diepte — stories oor liefde, verlies, identiteit en menswees. Sy het in die Vrystaat grootgeword, waar die eindelose vlaktes haar verbeelding aangewakker het. Vandag woon sy in Pietersburg, waar sy steeds haar idees koester en stories vorm gee wat lesers met hul harte kan lees.

Haar gepubliseerde werke sluit in Simpel Vroumense en Verlore Vrou, sowel as bydraes tot kortverhaalbundels. Haar stories dra altyd ’n les, en sy put inspirasie uit alledaagse oomblikke, mense, emosies — en haar liefde vir bome. Wanneer sy nie skryf nie, dig sy of gee haar oor aan haar daaglikse roetine.

Annatjie glo dat stories moet voed, inspireer en iets van waarde in die leser agterlaat.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verlore vrou

Price range: R39.00 through R139.00

Stap saam met Rieka, voel en beleef haar verlorenheid – dalk erken jy jouself êrens langs hierdie pad en is haar vrae aan haarself ook joune. En wie weet, dalk vind jy jouself ook daar waar jy moet wees. Daar waar jy wíl wees. Dalk kan jy ook sê: “Hoe volmaak is my lewe nie. Hoe sielsgelukkig is ek nie om Vrou te mag wees nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Simpel vroumense

Price range: R39.00 through R139.00

Ironies genoeg red die Drieka-vroumens hom elke keer op die een of ander komiese manier uit die mees onaangenaamste situasies. En toe verdwyn hy van die aardbol af.
Een middag hou Drieka ’n geselligheid vir ’n paar vriendinne. En wie bars soos ’n tornado saam met die sestal meisies by haar deur in? Niemand anders nie as Willem.
Lees nou maar self verder hoe Willem dié situasie hanteer…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page