Anne-Marie Twigge

Anne-Marie Twigge het in die omgewing van Benoni grootgeword, waar sy ure in bome deurgebring het en oor verre horisonne gedroom het. Van kleins af het sy ’n sterk verbeelding en liefde vir drome ontwikkel. As wêreldreisiger leef sy haar passie vir geskiedenis, familie en stories voluit uit. Haar nuuskierigheid en lewenslus dryf haar om voortdurend nuwe mense te ontmoet en onbekende plekke te verken. Sy en haar huweliksmaat bou saam aan 'n dinamiese, kleurvolle lewe waarin hul drie kinders en vyf kleinkinders ’n belangrike rol speel. Ná jare se toewyding aan hul eie onderneming, spits Anne-Marie haar nou toe op nuwe drome — met die pen as reisgenoot en stories wat wag om vertel te word.

Author's books

Hartbeeshuisie op ‘n plaas in Afrika (Groot Druk)

R349.00

Afrika, wild en ongetem, ’n volk se soeke na vrede in ’n land duur gekoop met bloed en swaarkry. Vanaf die eerste
sweepslag van die Groot Trek, die vrees onder net ’n tentseiltjie in die donker nag met die geluide van dawerende
voetvalle van die Zoeloe-impis. Klein mensies, nog nie eers gelewe nie, aan die voete gevat en met een swaai teen die
wawiel geslaan. Met dowwe geluid van skedels wat bars…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartbeeshuisie op ‘n plaas in Afrika

Price range: R99.00 through R249.00

Hierdie verhaal speel af teen die ruwe agtergrond van ’n ongetemde Afrika en volg ’n volk se pad deur oorlog, verlies en oorlewing. Vanaf die Groot Trek tot die gruwels van die Anglo-Boereoorlog en konsentrasiekampe, word vroue se moed en opoffering beklemtoon. Te midde van geweld, trauma en dood, staan hul pyn as monumente van onreg. Maar uit die as verrys ’n volk weer—gebroke, maar vasbeslote om voort te leef en hul plek in die geskiedenis te hervestig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page