Afrika, wild en ongetem, ’n volk se soeke na vrede in ’n land duur gekoop met bloed en swaarkry. Vanaf die eerste
sweepslag van die Groot Trek, die vrees onder net ’n tentseiltjie in die donker nag met die geluide van dawerende
voetvalle van die Zoeloe-impis. Klein mensies, nog nie eers gelewe nie, aan die voete gevat en met een swaai teen die
wawiel geslaan. Met dowwe geluid van skedels wat bars word hulle snikke stil. ’n Moeder met altwee haar borste afgesny
en haar dooie baba daarop neergelê soos ’n boodskap. Die doodsengel wat elke nag besoek aflê in karige tentjies van die
konsentrasiekamp. Vroue se durf en daad. Hoeveel grasvelde sal nog bloedbevlek moet word voor hierdie wilde Afrika
getem sal word? Die Vredesondertekening beëindig een van die bloedigste oorloë in Suid-Afrika. Die konsentrasiekampe se
hekke word oopgemaak en die vrouens loop met minder as wat hulle twee en half jaar gelede by die hekke ingeloop het,
daar uit, starend na die vlaktes waar die grafte in rye en rye staan, ’n stille monument wat die onreg wat hier gepleeg
is, uitbeeld. Die plase is weer opgebou, uit die as en roet. Daar is weer ’n nasie gebou en uit sak en as het die boere
opgestaan, hulself opgetrek en die lewe vierkantig in die oë gekyk.
Hartbeeshuisie op ‘n plaas in Afrika
Price range: R99.00 through R249.00Hierdie verhaal speel af teen die ruwe agtergrond van ’n ongetemde Afrika en volg ’n volk se pad deur oorlog, verlies en oorlewing. Vanaf die Groot Trek tot die gruwels van die Anglo-Boereoorlog en konsentrasiekampe, word vroue se moed en opoffering beklemtoon. Te midde van geweld, trauma en dood, staan hul pyn as monumente van onreg. Maar uit die as verrys ’n volk weer—gebroke, maar vasbeslote om voort te leef en hul plek in die geskiedenis te hervestig.

Reviews
There are no reviews yet.