Annelize Combrinck

""Ek leef tussen die spore van my kinderdae, omring deur geliefdes, geanker in God – en uit daardie liefde vloei my stories.""

Annelize Combrinck is gebore in dieselfde dorp waar sy tans woon, en sy het die voorreg om haar drie kinders groot te maak in die voetspore van haar eie kinderjare. Familie is ’n kernwaarde in haar lewe — die meeste van hul groot familie woon in hul eie huise rondom mekaar, en daardie hegte gemeenskapsgevoel is vir haar van onskatbare waarde.

Haar geloof vorm die fondament van haar bestaan. Die Here is haar anker, haar rots en haar passie — temas wat dikwels sentraal staan in haar skryfwerk. Van jongs af het sy ’n liefde vir lees gehad en het haar skryfreis begin met gedigte en selfgeskryfde liedjies. Hierdie kreatiewe uiting het uiteindelik gelei tot die voltooiing van drie boeke, waarin haar geloof en lewenswaardes duidelik deurklink.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Leesgenot 4

Price range: R89.00 through R259.00

3 Verhale in 1
Drie uiteenlopende stories Drie uiteenlopende vroue…Stories van onvoorwaardelike liefde.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ella

Price range: R39.00 through R139.00

Ella se lewe was op dreef toe ‘n ramp haar tot stilstand ruk en sy terug moes keer huis toe om na haar ouma om te sien. Wat sy egter nie verwag het nie, is dat die lewe nog ? paar verrassings en vreemde draaie vir haar ingedagte het. Sy word onwillekeurig ingetrek by die lewens van die twee Pastano-broers. Kom stap saam deur die lewens van Ella, Lex, en Lilo.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Olga

Price range: R39.00 through R139.00

Vandat sy kan onthou is Saul in haar lewe. Sy het nooit kon uitvind of hy regtig eers haar pa is nie. Hy het haar soos ’n hond behandel, in die huis aan ’n ketting vasgemaak wat haar net genoeg ruimte toegelaat het om die nodige te doen. Maande lank het sy beplan om weg te loop en hier sit sy nou op die trein, op pad na vryheid. Sy bid vir die eerste keer in haar lewe. “As U wel bestaan, wees asseblief saam met my.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karla

Price range: R39.00 through R139.00

“Mamma! Mamma!” gil Karla op haar hardste. “Juan wil nie my pop gee nie! Jy is gemeen Juan. Ek hoop jou kop ontplof, jy dink in elk geval te veel van jouself.” Juan lag, dis vir hom prettig as daardie groen ogies so blits. Wie weeet wat die toekoms inhou vir Karla.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page