Antoinette Burger
"Lees, lees, lees. Dit voed die brein en die siel."
Antoinette Burger is 'n skrywer van spanningsverhale en ander genres, met 'n liefde vir stories wat dieper betekenis dra. Sy is tans woonagtig in Garsfontein, Pretoria, maar het grootgeword in Oos-Londen waar onderwysers haar kreatiewe talent vroeg raakgesien en aangemoedig het.
Haar skrywersloopbaan het in 1974 begin toe haar eerste verhaal deur Pronk gepubliseer is, met Paul C. Venter as verhale-redakteur. In 2019 het sy haar boek Céleste – No place to hide gepubliseer, ’n verhaal oor ‘n tienermeisie wat onskuldig betrek word by okkultiese bedrywighede.
Antoinette haal inspirasie uit koerante, tydskrifte en die alledaagse – ’n enkele detail kan ’n hele storie ontketen. Sy werk tans aan sketse uit haar jeug, en kombineer haar liefde vir lees, flieks, musiek en legkaarte met haar belangstelling in psigo-kriminologie.
Sy bewonder skrywers soos Agatha Christie, Arthur Conan Doyle en François Bloemhof. Vir haar is terugvoer van lesers waardevol – dit vorm deel van haar groei as skrywer.