Bianca van der Walt

Bianca van der Walt is ’n skrywer van die Paarl wat op ’n jong ouderdom begin skryf het. Sy gebruik woorde as ’n manier om haar emosies en gedagtes uit te druk. Bianca het Aspergersindroom en beskryf skryfwerk as haar manier van kommunikasie – iets wat sy nie altyd maklik in geselskap kan doen nie, maar wat natuurlik kom wanneer sy skryf.

Sy fokus hoofsaaklik op ernstige gedigte, maar het ook al ’n misterie-tienerroman voltooi. Skryf bring vir haar nie net vreugde nie, maar ook sin en verbondenheid. Deur haar eerlike en emosioneel gelaaide werk skep sy ruimte vir refleksie en identifikasie – vir haar én haar lesers.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oorbegin

Price range: R59.00 through R159.00

Die sewentienjarige Karlyn se ma lê gekoppel aan masjiene, maar Karlyn kan glad nie onthou hoe dit gebeur het nie. Wanneer sy voel die lewe druk te veel, gaan slaan sy balle rond op die tennisbaan. Dis waar sy Dirk gedurende die skoolvakansie ontmoet. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, al is hy ’n paar jaar ouer as sy.
Groot is haar skok toe sy met die eerste skooldag van die kwartaal ontdek dat Dirk die nuwe onnie by haar skool is, boonop is hy haar register- en wiskunde onderwyser. Maar, die hart laat nie vir hom voorskryf wie jy mag liefkry nie. Na dreigemente deur die skoolhoof, bedank Dirk as onderwyser omdat hy baie vir Karlyn omgee. Gaan Karlyn en Dirk se verhouding staande bly deur al die drama?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page