Die sewentienjarige Karlyn se ma lê gekoppel aan masjiene, maar Karlyn kan glad nie onthou hoe dit gebeur het nie. Wanneer sy voel die lewe druk te veel, gaan slaan sy balle rond op die tennisbaan. Dis waar sy Dirk gedurende die skoolvakansie ontmoet. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, al is hy ’n paar jaar ouer as sy.
Groot is haar skok toe sy met die eerste skooldag van die kwartaal ontdek dat Dirk die nuwe onnie by haar skool is, boonop is hy haar register- en wiskunde onderwyser. Maar, die hart laat nie vir hom voorskryf wie jy mag liefkry nie. Na dreigemente deur die skoolhoof, bedank Dirk as onderwyser omdat hy baie vir Karlyn omgee.
Nadat Karlyn en haar boetie, Reghard, se pa dood verongeluk, kom hulle agter hulle pa is glad nie wie hulle gedink het hy is nie. Henk, die onderwyser wat in Dirk se plek aangestel is, is ook nie sommer net enige onderwyser nie. Hy het Karlyn en Reghard se pa baie goed geken.
Gaan Karlyn en Dirk se verhouding staande bly deur al die drama?
SPOOKeFFEK Boek 3
Price range: R99.00 through R229.00Wenner van die 2018 Maskew Miller Learning prys vir jeuglektuur.
In hierdie derde boek van die gewilde SPOOKeFFEK-reeks, is Karel angsbevange, erger as ooit tevore. Hy word gedwing om die gevolge van sy eie skeppings in die gesig te staar. Want, hy het nou beheer oor alles verloor. Vyand Kraken het oorgeneem, met skrikwekkende gevolge. Om te dink alles het só onskuldig met Boesman rotskuns begin. Rotstekeninge van skadelose wesens wat hy, Karel, as speletjies op sy rekenaar geplaas het.

Reviews
There are no reviews yet.