Carien Jordaan

Carien Jordaan is 'n jong skrywer wat graag woorde gebruik as medisyne vir hartskwale. Met 'n BA-graad in film en 'n agtergrond in uitvoerende kunste, is sy passievol oor die vertellings van mense se verhale. Sy glo dat 'n mens vreeslik baie kan leer oor jouself, die mense om jou en die dinge van die lewe deur ander se stories te ondersoek. Om jou eie ervarings te verwerk en oor te vertel, kan net so insiggewend wees. En dit hoef nie met woorde te wees nie; verskeie rigtings van kuns kan die doel verrig.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Kaapse winter

R129.00

ʼn Kaapse Winter is ‘n digbundel vol gedigte oor vriendskap, jong (maar diep) liefde, familiebande wat soms moeilik kan wees en die samelewing waarin ons onsself vind. Ek het dit geskryf in my eerste jaar van universiteit, ‘n fase in ‘n mens se lewe wat gepaard gaan met baie groeipyne. Ek sien die bundel as ‘n uitlating van my groeipyne in die vorm van kuns. Ek glo dat die mense wat hierdie bundel lees die gedigte ook as ‘n uitlating vir hulle groeipyne sal sien en hopelik selfs die begin van ‘n gesondwordreis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page