ʼn Kaapse Winter is ‘n digbundel vol gedigte oor vriendskap, jong (maar diep) liefde, familiebande wat soms moeilik kan wees en die samelewing waarin ons onsself vind. Ek het dit geskryf in my eerste jaar van universiteit, ‘n fase in ‘n mens se lewe wat gepaard gaan met baie groeipyne. Ek sien die bundel as ‘n uitlating van my groeipyne in die vorm van kuns. Ek glo dat die mense wat hierdie bundel lees die gedigte ook as ‘n uitlating vir hulle groeipyne sal sien en hopelik selfs die begin van ‘n gesondwordreis.
Gevonnis tot Vrede
R129.00Sy kan haarself hoor dink al raas die stilte vir niks en niemand verruil sy haar menswees… haar vrede… in haar wildste drome sou sy nooit kon dink dat sy eendag hierdie leefstyl sou beklink.
Die wind bring stemme van ver en sy geniet die geselskap, al verstaan sy nie die taal, lojaal sal sy bly teenoor die vlaktes, dit was nog goed vir haar.

Reviews
There are no reviews yet.