Christo Coetzee

Christo Coetzee woon in Windhoek en is die inspirasie agter ’n boek wat hy saam met skrywer Marsofine Krynauw tot stand gebring het. Hoewel hy self nie skryf nie, het hy sy lewensverhaal gedeel sodat dit mense se lewens tot eer van God kan aanraak.

Christo se doel is duidelik: om soveel moontlik lesers nader aan God te bring. Sy geloof en vertroue in die Here vorm die kern van sy verhaal. Hy glo vas dat elke mens ’n punt bereik waar hulle hulself moet afvra hoeveel hulle werklik bereid is om God te vertrou.

Wanneer Christo nie sy getuienis deel nie, verken hy die wêreld op sy motorfiets. Hy lees min, maar een boek wat hom diep geraak het, is God se Smokkelaar. Hierdie verhaal het hom geleer om sy geloof te verdiep en op God te vertrou, ongeag die omstandighede.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

God gee my ‘n Storie!

Price range: R99.00 through R169.00

Ek nooi jou uit om hierdie pad saam met my te stap en God se onbeskryflike liefde en genade en guns te beleef. Hierna te weet dat God alles kan en saam met my hierdie getuienis te gebruik vir die uitbreiding van Sy koninkryk.
As jy hierdie getuienis lees, vertel vir ander daarvan, vra hulle om dit ook te lees, laat ons saam God se Almag deel.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page