Ek vra God vandat ek in my twintigs was, gee my ook ‘n storie om mense vir U mee te bereik. Watter mense sal U in hul lewe innooi as ek hulle net kan vertel dat die mees dramatiese ding wat nog ooit met my gebeur het, was ‘n pak slae?
Ek bly Hom vra, en later in my twintigs belowe Hy my dat Hy my in my drie en dertigste jaar ‘n stories sal gee. Soos wat dit menslik maar gaan, wonder ek, maar bly glo en wag vir die storie wat God my gaan gee om mense vir Sy koninkryk mee te wen.
Ons as mense se vermoëns is so beperk, dit moes ek leer … God het my ‘n storie gegee. Ek belowe jou, glad nie op die manier wat ek ooit kon dink of my kon verbeel nie.
Ek nooi jou uit om hierdie pad saam met my te stap en God se onbeskryflike liefde en genade en guns te beleef. Hierna te weet dat God alles kan en saam met my hierdie getuienis te gebruik vir die uitbreiding van Sy koninkryk.
As jy hierdie getuienis lees, vertel vir ander daarvan, vra hulle om dit ook te lees, laat ons saam God se Almag deel.
Deurleefde dekades
Price range: R119.00 through R239.00Die verse en rubrieke in hierdie bundel saamgevat is geskryf tydens ons saamweestye en ná my man, Chris, se dood. Ons liefde vir mekaar, die natuur en ons daaglikse lewe word hierin weergegee.
Anderdag praat ek en ‘n vriendin oor mans. ‘n Man moet mens veilig laat voel stem ons altwee saam. As jy nie veilig voel nie, kan jy maar los. Veilig omdat jy weet hy sal saans seker maak al die deure is gesluit. Veilig omdat hy dié dinge onthou wat jy vergeet. Veilig omdat jy weet sy doen is beter as sy sê. Hy praat nie baie nie, hy doen baie. Hy kyk dat daar gereeld ‘n heerlike bottel Fenjal vir my in die badkamer is, hy koop hondekos as die sak begin leeg raak. Hy weet wat in die wêreld aangaan. Mens kan hom na enige plek toe vat, hy sal weet wat om vir wie te sê en ook wanneer hy net niks moet sê nie. Dis wat so lekker is van hom. Mens kan hom vertrou met jou lewe, jou buie en jou drome.

Reviews
There are no reviews yet.