Ek vra God vandat ek in my twintigs was, gee my ook ‘n storie om mense vir U mee te bereik. Watter mense sal U in hul lewe innooi as ek hulle net kan vertel dat die mees dramatiese ding wat nog ooit met my gebeur het, was ‘n pak slae?
Ek bly Hom vra, en later in my twintigs belowe Hy my dat Hy my in my drie en dertigste jaar ‘n stories sal gee. Soos wat dit menslik maar gaan, wonder ek, maar bly glo en wag vir die storie wat God my gaan gee om mense vir Sy koninkryk mee te wen.
Ons as mense se vermoëns is so beperk, dit moes ek leer … God het my ‘n storie gegee. Ek belowe jou, glad nie op die manier wat ek ooit kon dink of my kon verbeel nie.
Ek nooi jou uit om hierdie pad saam met my te stap en God se onbeskryflike liefde en genade en guns te beleef. Hierna te weet dat God alles kan en saam met my hierdie getuienis te gebruik vir die uitbreiding van Sy koninkryk.
As jy hierdie getuienis lees, vertel vir ander daarvan, vra hulle om dit ook te lees, laat ons saam God se Almag deel.
Outcast
Price range: R89.00 through R289.00The inside scoop on the Krugersdorp appointment murders.
Instead of writing the story, she became the story. Outcast. She is Marizka, a journalist with a keen nose for a story. He is Le Roux, one of six suspects responsible for 11 gruesome murders in one of the most bizarre crime stories to hit South Africa.

Reviews
There are no reviews yet.