Corrie van Biljon

Corrie van Biljon (née Stols) is gebore op plaas Schoongezicht/Kwaggaskop in die Belfast-distrik van die voormalige Transvaal. Sy het haar skoolloopbaan aan Laerskool en Hoërskool Belfast voltooi en daarna fisioterapie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Corrie het meer as 40 jaar as fisioterapeut gewerk en in 2015 afgetree.

Sedertdien woon sy saam met haar man op plaas Sagan in die Messina-distrik, waar hulle sedert 2003 boer. Haar seun, sy vrou en hulle seuntjie woon sowat twee kilometer van hulle af op dieselfde plaas.

Corrie se liefde vir lees en geskiedenis het as kind begin. Haar ouers het haar vroeg aan genealogie bekendgestel en sy het reeds in standerd 4 haar ouma se lewensverhaal begin neerskryf. In 2019 het sy haar eerste boek, Die Stolse van Schoemanskloof, voltooi. Sy het pas ’n boek oor die Coetsee-familie voltooi en beplan om die verhaal van haar ouma se familie, die Pelsers, neer te pen. Hierdie gesin was tydens die Anglo-Boereoorlog geïnterneerdes in Portugal. Corrie se werk is gegrond in deeglike navorsing en haar liefde vir Suid-Afrikaanse geskiedenis, met ’n sterk fokus op die Anglo-Boereoorlog.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Coetsee

R299.00

Tergende vrae en aangrypende, hartseerverhale speel hulle af op die bladsye van hierdie boeiende ware geskiedenis van die nageslag van Maarten Petrus Albertus Coetsee en sy vrou Elsje Catharina van der Merwe. Die deernisvolle verhale sal almal wat belangstel in geskiedenis, genealogie en nie-fiksie, aangryp.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page