Die 16-jarige Johannes Coetsee gly op 13.11.1904 by die Langkloof Waterval, distrik Belfast. Hy val by die waterval af en sterf 4 ure later aan kopbeserings. Was hierdie ‘n ongeluk of het sy twee maats, wat saam met hom daar was, met sy ongeluk iets te doen gehad?
Elsie Katriena Coetsee trou as 17-jarige met die 21-jarige Hendrik Willem Daniël Coetsee op 4.2.1885 te Reddersburg. Dertien maande later word haar Sterfkennis ingevul met oorsaak van dood as “verdrinking in put”. Hoe verdrink ‘n 18-jarige vrou in ‘n put?
Op 23.10.1893 sterf Johanna Catriena Coetsee en haar jonger suster Eliesabetha op dieselfde dag toe hulle deur die weer doodgeslaan word. Die susters was 19 jaar en 15 jaar oud. Wat het gebeur? Hoe word twee susters op een dag deur die weer doodgeslaan?
Op 11.5.1895 trou die 19-jarige Maria Judith Coetsee op Pietersburg met die 23-jarige Johannes Jacobus Frederick Roselt. Tydens die Anglo Boereoorlog word Frederick op 27.2.1900 by Paardeberg gevange geneem toe Piet Cronjé oorgee aan die Engelse. Hy sterf op 6.5.1900 op St Helena as krygsgevangene aan Broncho Pneumonia en word in die Knollcombe begraafplaas op St Helena begrawe. Hy was net nog een van die 146 Boere wat op St Helena begrawe is en nooit weer huis toe sou gaan nie. Permanent vervreem van bloed en land.
Tergende vrae en aangrypende, hartseerverhale speel hulle af op die bladsye van hierdie boeiende ware geskiedenis van die nageslag van Maarten Petrus Albertus Coetsee en sy vrou Elsje Catharina van der Merwe. Die deernisvolle verhale sal almal wat belangstel in geskiedenis, genealogie en nie-fiksie, aangryp.
Once upon a time in Africa
Price range: R99.00 through R279.00Africa. The dark continent. Home to green forests and arid deserts. Home to the big five. Where the dust trails of vast herds of wildebeest can veil the sun. A place often misunderstood and yet still to be completely explored. Africa was also the origin of man. The origin of human exploration and the search for who we are and where we came from. The cradle of myths and legends, of stories shared around the last glowing embers of the campfire. If you have not experienced a delicate mauve sunrise stealthily advancing across the grasslands of the endless savannah, you cannot count yourself as one who has lived among the lions. This is a privilege often reserved only for the chosen few who were born there. Or those who dared to travel there. I was one of those who were lucky enough to grow up there. To experience her whims and learn to read her moods and hear the stories. Often people ask me questions, wishing to know what it was like. Over time I realised that I had to tell some of the stories, share some of our secrets, take you there, show you what it was like to grow up in a magic land.

Reviews
There are no reviews yet.