Deon van Heerden

Deon van Heerden is op 15 Augustus 1963 in Somerset-Wes gebore, in die hart van die Kaapse winter. Al was dit nat en koud, het daar van jongs af ’n diepe passie vir die lewe in sy hart gebrand. Hy het grootgeword in Kempton Park en later studeer aan die Randse Afrikaanse Universiteit en die AGS Teologiese Kollege. In 1982 ontmoet hy Rensche van Heerden (gebore Booysen), en op 6 Oktober 1984 tree hulle in die huwelik. Die Here seën hulle met drie kinders, asook aangetroude kinders en kleinkinders wat hul huis met liefde vul.

Na twaalf jaar in die voltydse bediening, beweeg Deon na die sakewêreld en raak betrokke by verskeie ondernemings. In 2010 voltooi hy die Comrades-marathon en neem daarna deel aan verskeie fietswedrenne, maratonne en driekampe. Ná ’n ongeluk verander sy lewenspad, en vandag vind hy vreugde in mense, kuns, digkuns en die eenvoud van die skepping. Sy roeping leef hy daagliks met oorgawe, passie en liefde vir ander uit.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die lewe lag

Price range: R99.00 through R269.00

“Die Lewe Lag” is gebore in die hart van die mens wat ek is.
Menswees sluit lag en huil in, maar dit is my gebed dat ons lag altyd die huil sal oorskadu. Ek glo dat die geselsies hierin vervat, vir elke leser iets sal sê. As jy die emosie lees en met jou hart ervaar – sal jy gou die lag van die lewe hoor en jou menswees opnuut geïnspireer word – so glo ek. Dan kan jy met meer entoesiasme die realiteite van die lewe laggend deurleef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page