Geselsies oor menswees met ‘n Lag en Traan daarby.
Boekskryf is soos tuinmaak. ‘n Mens kan dink jy weet hoe om ’n tuin uit te lê en wat om waar te plant. Jy kan so maklik jou tuin oorlaai en die verkeerde struike of plantjies plant en jouself dan kort voor lank vasloop in die Nagmerrie Woud van die feëverhale. Daarom moet dit met beplanning en voorbereiding en navorsing gepaardgaan – en baie koffie met koekies – sodat die eindproduk jou met ’n traan laat staar na die kleureprag van ’n goed beplande en beplante tuin!
“Die Lewe Lag” is gebore in die hart van die mens wat ek is.
Menswees sluit lag en huil in, maar dit is my gebed dat ons lag altyd die huil sal oorskadu. Ek glo dat die geselsies hierin vervat, vir elke leser iets sal sê. As jy die emosie lees en met jou hart ervaar – sal jy gou die lag van die lewe hoor en jou menswees opnuut geïnspireer word – so glo ek. Dan kan jy met meer entoesiasme die realiteite van die lewe laggend deurleef.
Die Legkaart van my Lewe
Price range: R79.00 through R199.00Elke mens se lewe is ‘n legkaart, een wat jy jou hele lewe lank aanmekaar sit. Tog is die finale prentjie dikwels nie wat jy oorspronklik voorgestel het nie. Trouens, jy sien die prentjie heeltemal anders as ander mense. Dit is omdat jy te besig is om die stukkies te soek en in te pas wat uiteindelik jou prentjie aan die wêreld sal wys.
Die leser hiervan sal met sekere verhale kan identifiseer, en ander dalk nie. Maar die leser sal die lewe deur my oë sien, en was my lewe nie kleurvol nie? Een ding wat ek in die lewe moes leer, is dat swart ook ‘n kleur is. Die donker dae en nagte is noodsaaklik as kontras vir die helder sonskyndae, en dae van rou en weemoed…
