Doom Kallie

Carel Johannes Fourie, beter bekend as Doom Kallie, kom van Sabie in die Laeveld—’n plek na aan sy hart. Hy begin stories vertel in die kerk en op kampe, waar sy unieke styl en humor mense vasgenael hou. Op versoek van gemeentes begin hy sy kinderstories neerskryf en dra later ook by tot jeugrubrieke in kerkpublikasies.

Hy is al meer as 50 jaar getroud met Marie en is die trotse pa van vyf dogters en oupa van dertien kleinkinders. Doom Kallie leef sy liefde vir sport uit en het al sewe keer die Comrades-marathon suksesvol voltooi. Sy werk weerspieël sy lewenslange liefde vir kinders, geloof en gemeenskap.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kom, Stap Saam

Price range: R59.00 through R159.00

Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vettie se geite en goeters

Price range: R69.00 through R149.00

Ontmoet vir Vettie. Net Vettie. ʼn Gewone seun vol lewenslus, geite en goete.
Die breinkind van Ds Kallie Fourie, afgetrede Leraar van die Baptiste Kerk.
As eerstejaar student het hy met ʼn kinderbediening in Brakpan begin – dit is hier waar Vettie “geskep” is. Hierdie verhale van Vettie het ʼn groot inslag in die kerk gehad en was hoog in aanvraag. Klein en ook veral groot, het dikwels aangedring op ʼn storie oor Vettie.
Vir die afgelope 50 jaar was verhale en dramatiese vervolgverhale oor Vettie ʼn gereelde deel van eredienste. Daar is altyd gepoog om by elke verhaal ʼn geestelike toepassing by te voeg. As u dus hierdie bundel sou opneem en lees, bid ek dat u dit sal geniet en die seën sal kan put uit die boodskap daaragter.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page