Drienie Joubert-Kelly

Drienie Joubert-Kelly, gebore op 19 Maart 1975, is ’n digter, skrywer en liriekskrywer met ’n diep liefde vir Afrikaans. Sy het al verskeie pryse vir haar poësie ontvang en haar lirieke is opgeneem deur kunstenaars soos Jennifer Zamudio, Jaycee Crause en Tolbos.

Sy is ook ’n passievolle skilder en natuurliefhebber wat graag reis en God se handewerk in alles raaksien. Haar skryfwerk spruit uit liefde vir haar taal, haar land en haar mense. Drienie glo digkuns bring troos, lig die siel op en dra woorde soos sagte hande na ander.

Sy gebruik haar talent om emosie vas te vang en mense met haar werk te vertroetel.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Digter van Drome

Price range: R99.00 through R169.00

Digter van Drome is ’n versameling gedigte wat die hart se diepste fluisteringe vasvang — van liefde en verlies tot geloof, herinnering en hoop. Met beelde wat soos lig oor landskappe speel en emosies wat rou en eerlik deur elke vers vloei, neem hierdie bundel die leser op ’n reis deur die siel van ’n dromer. Die digter se stem is tegelyk sag en kragtig: soms ’n gebed, soms ’n kreet, soms ’n stille omhelsing van dit wat was en dit wat nog kan wees. Elke gedig dra ’n stukkie waarheid … oor menswees, oor seerkry, oor die skoonheid wat steeds tussen die krake blom. Hier is woorde wat troos bring, wat herinner, wat genees. Hier is drome wat bly leef, selfs wanneer die wêreld stil raak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Robyne in die wyn

R189.00

Wanneer Drienie Joubert Kelly haar pen opneem, word die lewe om haar stil waar sy en woorde liefde maak op die wit papier. Haar talent is uitsonderlik en is sy ’n kunstenaar in murg en been.
Om te skryf maak wonde heel, gee drome vlerke, neem mens na plekke wat jy nog nooit besoek het nie… máár, wanneer ʼn digter dig, bemoedig hy /sy ook ander mense.
Drienie se doelwit in die lewe is net om te wees – om net die béste te wees wat sy kan , sodat sy ander kan inspireer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen doringdraad en kosmos

R209.00

Drienie Joubert-Kelly se liefde vir Afrikaans en poësie kan gesien word in haar werk, alles wat in haar persoonlike lewe gebeur, mense, omstandighede, die see, berge en bos is alles dinge wat haar inspireer om te skryf. Sy is veral lief vir die bosveld en beskryf haarself as ń Bosveld – Eva hoor jy hoe my drome baljaarwaar die kosmosblomme uitbundig lagwant my denke is ń skildery van lentekleure waar weerspieëlings die grasveld kol-kol verkenen my woorde soos tolbos aan ‘n hakiesdraad verstrengel

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Waar die bloekombome dans

R169.00

Ek ken ‘n plek waar die bloekombome dans, waar hul my kindweesgeheime in fluisterstem verskans, daar waar die Marico in ʼn kommetjie rus en die berge die hemel passievol kus. Die skrywer se liefde vir Afrikaans en poësie kan gesien word in haar werk, alles wat in haar persoonlike lewe gebeur, mense, omstandighede, die see, berge en bos is alles dinge wat haar inspireer om te skryf. Sy is veral lief vir die bosveld en beskryf haarself as ʼn Bosveld-eva.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Grondpad vol beloftes

R229.00

Met hierdie  bundel van my, vat ek jou (soos die titel sê) op ‘n grondpad vol beloftes – saam stap ons oor die Kalahari se rooi stofsand en oor die Bosveld se stilte, tot daar waar die aarde die see ontmoet. Saam stap ons op die lewe se grondpad!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page