Esmé Reichel

Esmé Reichel, gebore as Emerensea Dorothea Nel in Warmbad, Limpopo, het grootgeword in die myndorpie Leeupoort. Sandhope, grotte en ou mynskagte was haar speelplek. Sy matrikuleer aan Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi en studeer daarna bankwese deur Volkskas Bank.

Sy vestig haar later op Verdrag Polisie Opleidingsentrum saam met haar hoërskoolliefde, waar hulle hul twee dogters in die natuur grootmaak. Esmé gebruik woorde om emosies vas te vang en skep met dieselfde passie ook kunswerke op doek.

Sy geniet nou die geleentheid om haar kreatiwiteit ten volle te benut. Skryf bring vir haar ’n vorm van vryheid en selfontdekking. In haar werk ondersoek sy die donker kante van samelewingsdinamika, spesifiek hoe korrupsie en geld soms hand aan hand beweeg. Esmé hoop haar stories laat lesers nadink en raak aan waarhede wat dikwels verswyg word.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sydney Louw – Vol 2

Price range: R99.00 through R399.00

“ …three may keep a secret, if two of them are dead!” Kolonel Nico Viljoen, leier en stigter van COBRA – TEAM, Covert, Organized, Bilingual, Reaction Alliances – opgelei deur Spesiale Taakmag (STF) van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, kyk trots na die groep om hom. Hierdie is die tweede jaar wat hul saamwerk.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sydney Louw

Price range: R99.00 through R389.00

Na soveel jare se dreig om hierdie item van haar te doen lys af te tik, besluit Sydney Louw hierdie jaar word dié droom bewaarheid. Sy het egter nie kans gesien om die bootreis alleen aan te durf nie, daarom het sy haar vriendin, Anne du Toit, saamgenooi vir ‘n luilekker rustige vakansie op die luukse passasierskip, SMC Opera. Dertig dae, net rus en vrede… Of so het sy gedink.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page