Etienne Lombard

Etienne Lombard is gebore in Windhoek, Namibië, en het van jongs af 'n passie vir lees gekoester. Dit was die werke van ikoniese Afrikaanse skrywers soos Andre P Brink, Etienne van Heerden en Deon Meyer het hom uiteindelik geïnspireer het om self die pen op te neem.
In sy laat vyftigerjare het hy besluit dat skryf een van daardie dinge is wat hy moet doen voordat dit te laat is. Hy het verskeie skryfkursesse gevolg en begin met kortverhale, waarvan sommige gepubliseer is. Sy eerste boek, Die Oeroue, is verlede jaar November deur Naledi gepubliseer.
Van beroep is Etienne 'n prokureur, maar na 'n loopbaan van 33 jaar het hy begin afskaal om meer tyd aan sy skryfwerk te wy. Buiten die skryfwêreld is hy 'n entoesiastiese gholfspeler. Hy is getroud met Irina, en hulle woon in Milnerton, Kaapstad.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Walvisspeurder

Price range: R99.00 through R229.00

Ná haar ouers se egskeiding verhuis Sonya Langenhoven na Hermanus, waar sy op ’n ou dagboek en geheime uit haar ouma se verlede afkom. Terwyl sy die verdwyning van die walvisnavorser dr. Corine Marais ondersoek, ontdek sy ’n gevaarlike waarheid wat steeds beskerm word. Tussen walvisse en bedreigende magte besef Sonya dat die verlede nie so maklik begrawe bly nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page