Wanneer Sonya Langenhoven gedwing word om saam met haar ma na Hermanus te trek ná haar ouers se egskeiding, verwag sy niks meer as ’n vervelige kusdorp nie. Maar in hul nuwe huis ontdek sy iets wat alles verander: ’n geheimsinnige solder vol ou foto’s, dokumente en ’n dagboek wat aan haar ouma, dr. Corine Marais, behoort het. Corine was ’n briljante walvisnavorser wat dertig jaar gelede spoorloos verdwyn het nadat sy ’n magtige ontwikkelingsmaatskappy probeer keer het om Walker Bay se walvisse te bedreig. Nou beplan dieselfde maatskappy om weer die kus te ontwikkel. Met net maande voordat die projek goedgekeur word, begin Sonya die raaisel van haar ouma se verdwyning ondersoek. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand steeds nie wil hê die verlede moet oopgekrap word nie. Tussen walvisse, geheime en gevaar ontdek Sonya dat sommige stories nooit werklik verdwyn nie , hulle wag net vir die regte speurder.
Sterrevegters Boek 7 Die oorlog
Price range: R109.00 through R229.00Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoïede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?

Reviews
There are no reviews yet.