Frances Frans

"Elke boek uit my pen is gebore uit persoonlike ondervinding. Mag my woorde vir jou ‘n lig in die duisternis wees."

Frances Frans glo haar lesers is haar dryfkrag – hul terugvoer, kritiek en ondersteuning gee haar die moed om aan te hou skryf. Wanneer sy nie met ‘n pen in die hand sit nie, spandeer sy tyd aan potloodsketse, natuurstappe en blokkiesraaisels.

Sy is ‘n bewonderaar van Deon Meyer, Breyten Breytenbach, André P. Brink en Eugene Marais, maar lees alles wat haar honger na kennis en insig kan stil. Van jongs af was sy versot op radioverhale soos Ruiter in Swart en Saal 10, en haar liefde vir drama het daartoe gelei dat sy vir 20 jaar ‘n drama-opvoeder by skole was.

Wanneer sy nie boeke skryf nie, werk sy aan 'n TV-produksie, en haar inspirasie vir stories kom uit die mense en gebeure om haar. Sy glo dat niemand moeitevry deur die lewe gaan nie, maar dat daar altyd ‘n Lig is wat ons bystaan wanneer die donkerte toesak.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Virrie tiener in my hood

Price range: R39.00 through R139.00

VIRRIE TIENER IN MY HOOD praat met die jongeling op sý vlak en in ‘n taal wat hulle verstaan. Deur middel van scenario’s wat geskep word, bring die skrywer die boodskap van hoop. Die leser kan homself identifiseer met dit wat bespreek word en sodoende sien dat daar altyd hoop is, al lyk jou situasie hóé droewig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page