Franciska Mouton

Franciska Mouton, beter bekend as Fran, is ’n veelsydige skrywer wat tans in Lynnwood, Pretoria woon. Sy het haar liefde vir stories op ’n plaas in die Frankfort-distrik ontwikkel, waar storievertel ’n lewende tradisie in haar familie was.

Na ’n loopbaan in verpleging het sy haar tot joernalistiek gewend en as vryskutskrywer vir verskeie Vrystaatse koerante begin skryf – die begin van ’n lewenslange verbintenis met die geskrewe woord. Haar kortverhale verskyn onder meer in die bundel Hoefslag van my hart en weerspieël haar fyn aanvoeling vir karakter, emosie en omgewing.

Inspirasie vind sy in die stilte van die natuur, musiek en eenvoudige oomblikke uit die daaglikse lewe. Buiten skryf geniet sy fotografie, tyd in die veld en die kyk van kwaliteit televisiereekse. Haar lesers sien sy as die hartklop van haar werk – hul ondersteuning is vir haar onmisbaar.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hoefslag van my hart

Price range: R89.00 through R199.00

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2