Tulpe vir Twanette (Groot Druk)
Price range: R109.00 through R299.00Die Lewe is geneig om tenminste één keer in ’n mens se lewe, vir jou ’n klap te gee. Jou van balans af te probeer ruk, en jou wêreld onderstebo te keer. Maar vir Twanette Greyling, het die lewe ’n hele paar klappe uitgedeel. Die vraag is net: Wat gaan sy daaromtrent doen? Twanette is ’n pragtige blondekop dokter by 2 Militêre Hospitaal in die mooie Kaap. Sy kry haar eerste klap toe sy haar pens en pootjies in ’n huwelik begewe. Min wetende dat dit al op die eerste dag sou begin skipbreuk lei. ’n Huwelik wat haar menswees en siel letterlik sou opvreet. In Leiden, Nederland, begin lente, maar in Twanette se hart is dit steeds winter.
Gaan Twanette ooit weer ’n normale lewe lei na die ernstige trauma wat haar wil knak.
Gaan sy bly treur oor wat was, óf wat kon wees?
Dan, op ’n mooi lentedag, kry sy ’n bos tulpe met ’n nota daarby. Van wie af is die bos pragtige tulpe, en wat sou in die nota staan…?
