Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.
Resensie deur: Sybie Kleynhans(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.
Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.
Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. . Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.” In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel. “Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.
Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.
Bloedrooi Papawers (Groot Druk
R179.00Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Reviews
There are no reviews yet.