Frans Calitz

Frans Calitz is in Vredendal gebore en het skoolgegaan in Vanrhynsdorp. Hy het aan Hoërskool Zwaanswyk gematrikuleer.

Hy skryf met insig en styl, en sy essays getuig van 'n diep verbintenis met sy geboortegrond. Sy liefde vir die wêreld waarin hy grootgeword het, kom sterk na vore in sy werk. Lambertsbaai en die Sederberge vorm 'n konstante tema in sy skryfwerk, aangesien beide plekke ’n betekenisvolle rol in sy kinderjare gespeel het. Frans beskryf met fyn aanvoeling die emosies wat hierdie landskappe by hom ontlok het.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dodedanser en ander Essays

Price range: R39.00 through R139.00

Dodedanser en ander Essays nooi die leser om deur middel van sy versameling stories en essays, by hom aan te sluit. Sy essays is briljant geskryf en in die bundel kom sy liefde vir sy geboorte-wêreld sterk na vore. Lambertsbaai en die Sederberge word dikwels in sy skrywes gebruik. Beide het ’n groot rol in sy kinderjare gespeel. Hy onthou die emosies wat die plekke ontlok het. Hier beleef jy van sy ervarings uit sy lewe of uit die lewe van sy vriende of familie, soos byvoorbeeld die beskrywing van dood: Die ontydige klop. Buite staan die doodshoof. Gebitte sonder lippe en ʼn kruis agter ʼn skedel met gate waar die oë was. Dodedanser met ʼn boodskap sonder stem. Die dood!! Hierdie uitstekende bundel essays beloof om lank na jy dit klaar gelees het, nog by jou te bly.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page