Frans Calitz, se bundel getiteld Dodedanser en ander Essays nooi die leser om deur middel van sy versameling stories en essays, by hom aan te sluit. Sy essays is briljant geskryf en in die bundel kom sy liefde vir sy geboorte-wêreld sterk na vore. Lambertsbaai en die Sederberge word dikwels in sy skrywes gebruik. Beide het ’n groot rol in sy kinderjare gespeel. Hy onthou die emosies wat die plekke ontlok het. Hier beleef jy van sy ervarings uit sy lewe of uit die lewe van sy vriende of familie, soos byvoorbeeld die beskrywing van dood: Die ontydige klop. Buite staan die doodshoof. Gebitte sonder lippe en ʼn kruis agter ʼn skedel met gate waar die oë was. Dodedanser met ʼn boodskap sonder stem. Die dood!! Hierdie uitstekende bundel essays beloof om lank na jy dit klaar gelees het, nog by jou te bly.
Madefu Boek 2 Madefu se wêreld
Price range: R99.00 through R229.00Deur al die stories is daar wonderlike lewenslesse vir elkeen om op ʼn vars manier te ontdek, en met ons geliefdes te deel.
Die mooiste dalk net toe … “En Soekie soen Kolla teen sy neus. Gelukkig staar hulle na die geeloog-maan wat deur die wolke loer. Daar bo lag die maan sag, en tevrede. ‘Dit is so mooi’, dink hy, ‘om ʼn nuwe liefde op Kersdag te kan aanskou, al is dit tussen twee steenbokkies’.” Van der Spuy Brink

Reviews
There are no reviews yet.