Frans Calitz, se bundel getiteld Dodedanser en ander Essays nooi die leser om deur middel van sy versameling stories en essays, by hom aan te sluit. Sy essays is briljant geskryf en in die bundel kom sy liefde vir sy geboorte-wêreld sterk na vore. Lambertsbaai en die Sederberge word dikwels in sy skrywes gebruik. Beide het ’n groot rol in sy kinderjare gespeel. Hy onthou die emosies wat die plekke ontlok het. Hier beleef jy van sy ervarings uit sy lewe of uit die lewe van sy vriende of familie, soos byvoorbeeld die beskrywing van dood: Die ontydige klop. Buite staan die doodshoof. Gebitte sonder lippe en ʼn kruis agter ʼn skedel met gate waar die oë was. Dodedanser met ʼn boodskap sonder stem. Die dood!! Hierdie uitstekende bundel essays beloof om lank na jy dit klaar gelees het, nog by jou te bly.
Arondshoop bundel 1
Price range: R99.00 through R239.00Arondshoop is ’n plattelandse dorpie geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal vir almal ken. Elkeen van die inwoners het ’n storie. Daar is oom Kallie Klikbek en sy vrou Sara, en soos wat lesers van sy naam kan aflei, is oom Kallie maar lief om stories stertjies aan te las. So beland hy ampertjies in die moeilikheid toe hy by Rika flikflooi vir ’n karnaaitjie.

Reviews
There are no reviews yet.