G.M du Toit

Generaal Maritz Du Toit is gebore in Otjiwarongo in die destydse Suidwes-Afrika (nou bekend as Namibië) en het groot geword op ‘n klein dorpie in die Weste van die land. Hy is getroud, het kinders en het sy ryklike loopbaan van vele jare van studies, wetstoepassing en internasionale dienste afgesluit.

In sy eerste pogings om sy medemens te ondersteun en om kennis oor te dra, skryf hy die handboek: “Learner’s Licence – Your first step te drive” in samewerking met sy eggenote. Hy was ook een van die outeurs van die tweede opvolg handboek “LEARN TO DRIVE – The Namibian Guide to SAFE DRIVING” gepubliseer deur die Nasionale Padveiligheidsraad van Namibië, kort daarna.

Die lewe is vol hartseer, blydskap, verdriet, ellende, teleurstellings en die lysie gaan net voort. Hierdie woorde, met gebeure, het tydig en ontydig by hom opgekom en hom gemotiveer om dit te verwerk wanneer die stortvloed van woorde hul opwagting gemaak het. Geskiedenis word dikwels herhaal as daar nie geleer word uit die gebeure van die verlede nie, en om nie die aangeleenthede te deel nie ‘n pligsversuim teenoor sy naaste sou wees.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Lewe en sy Skeure

Price range: R89.00 through R169.00

Die lewe en sy skeure is ’n hartroerende verhaal wat diep delf in die broosheid én krag van ’n gewone gesin. Frans en Alexa probeer met liefde en vasberadenheid hul twee seuns grootmaak te midde van alledaagse uitdagings, onverwagse gevare en die blywende seëninge wat net ’n gesin kan bring. Wanneer ’n vreemdeling onverwags hul lewens binnewaai, word hul vrese opnuut wakker—maar ook onverwagte hoop. Die verhouding tussen klein Leon en die eensaam ou man ontvou as ’n stille getuienis van liefde wat grense oorbrug en die mensdom herinner aan eenvoud, goedheid en genade. Maar dan tref tragedie. ’n Oomblik verander alles—’n stil straat, ’n skreeuende rem, en twee klein fietsies wat nooit weer dieselfde sal wees nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page