Price range: R109.00 through R239.00

Verlore siel

Tristan, eens ‘n suksesvolle man, sukkel nou as boemelaar om sin te vind ná die verlies van sy gesin en die afbrokkel van sy lewe. Omring deur die harde realiteite van die straat en die pyn van verwerping, soek hy rus, aanvaarding en die moontlikheid van vergifnis.

PAPERBACK PDF
Clear
Afrikaans
Clear
Adult
Clear
978-1-99748-353-3 199 2026-08-31 Afrikaans N/A , ,

Meet The Author

Tristan lei ‘n eensame en doellose bestaan op die rand van die samelewing, geteister deur herinneringe aan sy suksesvolle verlede en die allesverterende brand wat sy geliefdes van hom geneem het. Vergesel deur ‘n beskadigde straathondjie, stap hy as ‘n ontwortelde boemelaar deur stowwerige strate – ongesiens en verstoot deur mense wat nie diepte van sy pyn ken nie. Sy dae word gevul met die sware stryd om basiese oorlewing, maar dit is die geestelike lyding en die skuldgevoel wat hom werklik opsaal. Die verhale van ander swerwers weerspieël sy eie tragedie – mense wat deur verlies, armoede en samelewingsonreg afgedruk word tot aanpassing en eensaamheid. Tussen hoop op vergifnis en selfverwyt bly die vrae oor liefde, verlies, en die waarde van ‘n menslike lewe. Die roman ontbloot die rou werklikhede van straatlewe, die verlammende effek van traumatiese verlies, en die brose moontlikheid tot heling. Met ‘n introspektiewe toon en fyn waarneming van menslike emosie, dwing die storie lesers om dieper na te dink oor empatie, menswaardigheid en aanvaarding.

Book Type

,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Verlore siel”