Henri Martin

Hennie Viljoen, beter bekend onder sy skrywersnaam Henri Martin, is op Klerksdorp gebore. Sy ma het hom van jongs af so genoem, en die naam het saam met hom bly loop tot in sy outeurskap. Henri is ’n avonturier in murg en been, altyd op soek na nuwe plekke en vars stories. Hy en sy vrou het reeds lande soos Portugal en Spanje te voet verken tydens die Camino de Santiago.

Wanneer hy nie stap nie, vang hy die wêreld vas deur die lens van sy Canon-kamera – nooit op outo nie, want hy glo in beheerde kreatiwiteit. Hy is ’n storieverteller wat eerder hou van ’n pap wiel in die Kalahari as ’n deftige ete. Sy debuutboek is onlangs voltooi – ’n projek wat hom uitgedaag, maar ook verryk het. En hy’s nog lank nie klaar nie.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Môre se drome van gister

Price range: R99.00 through R289.00

Carel Bekker is met vakansie aan die Suid-Kaap. Op misterieuse wyse ontdek hy ’n baie ou bottel tussen die rotse waar hy hengel, met meer as net ’n boodskap daarin. Dit lei tot ’n fratsongeluk en sy beserings laat hom in ’n koma verval. Sy drome neem hom meer as tweehonderd jaar terug in tyd.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die son sak goud oor die Namib

Price range: R99.00 through R279.00

‘n Spanningsverhaal
Snakkend na sy asem is hy uiteindelik tevrede. Die gat in die sagte sand is meer as kniediep, diep genoeg om die sak met geld en goud veilig te bewaar totdat hy dit weer oor ʼn paar dae, wanneer hierdie dinge vergete is, kan kom haal. Die laaste strale van die son het agter die horison verdwyn en die hemelruim is nou perspienk. Dit sal binne ʼn halfuur donker wees. Dit is 1929 in Duitswes Afrika. Hans Gunter is ’n skelm diamant-handelaar, maar vrees vir sy lewe wanneer diamante wat reeds verkoop is, wegraak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page