Carel Bekker is met vakansie aan die Suid-Kaap. Op misterieuse wyse ontdek hy ’n baie ou bottel tussen die rotse waar hy hengel, met meer as net ’n boodskap daarin.Dit lei tot ’n fratsongeluk en sy beserings laat hom in ’n koma verval. Sy drome neem hom meer as tweehonderd jaar terug in tyd. Carel bevind hom op ’n seerowerskip, Het Schip Zonder Naam, onder bevel van die wreedaardige en genadelose Kaptein Philip Verhoeven, wat moor en plunder om sy doelwitte te bereik. Hy vind plesier uit die marteling van sy eie manskappe. Carel ontmoet ook vir Andrea op sy avontuur – hulle raak verlief op mekaar. Om uit die kloue van Philip en sy gespuis te kom is nie maklik nie. Die lewe op die skip is ondraaglik, maar Carel beloof ewige trou aan Andrea en ook om haar te red uit die kloue van die seerower.
Maar … Philip Verhoeven het sy eie planne: Om ontslae te raak van Carel sodra hy sy skatkis voldoende aangevul het.
Die seerowers moet na vêr en onbekende waters vlug – met Carel en Andrea steeds aan boord.
Gaan Carel sy belofte kan nakom en Andrea se drome laat waar word, veral noudat hulle eie lewens aan ’n draadjie hang? Of is alles maar net ’n droom?
Die son sak goud oor die Namib
Price range: R99.00 through R279.00‘n Spanningsverhaal
Snakkend na sy asem is hy uiteindelik tevrede. Die gat in die sagte sand is meer as kniediep, diep genoeg om die sak met geld en goud veilig te bewaar totdat hy dit weer oor ʼn paar dae, wanneer hierdie dinge vergete is, kan kom haal. Die laaste strale van die son het agter die horison verdwyn en die hemelruim is nou perspienk. Dit sal binne ʼn halfuur donker wees. Dit is 1929 in Duitswes Afrika. Hans Gunter is ’n skelm diamant-handelaar, maar vrees vir sy lewe wanneer diamante wat reeds verkoop is, wegraak.

Reviews
There are no reviews yet.