Nagmaal en die Engelsman
Price range: R59.00 through R139.00Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.
|
Orders Delivered Within 7 - 10 Days Due To Print On Demand. |

Henrik Böth, ook bekend as Prof, Weskus Kojak, woon in Saldanhabaai aan die beeldskone Weskus van Suid-Afrika. Hy skryf meestal spanningsfiksie en is die outeur van Nagmaal en die Engelsman, ’n versameling kortverhale.
Hy het in die Noord-Transvaal grootgeword, ’n omgewing en gemeenskap wat sy denkwyse en kreatiewe werk diep beïnvloed het. Hy het begin skryf toe sy vrou met hul eersteling swanger was – eers versies, later gedigte, en nou kortverhale en novellas.
Wanneer hy nie skryf nie, werk hy voltyds as ’n verkoopsbestuurder in die Wes-Kaap en dien hy as radio-omroeper op Houtstok. Sy gunstelingskrywers sluit PG du Plessis, Wilbur Smith en Stephen King in.
Hy glo elke mens dra ’n storie. Hy kombineer hierdie brokke lewe om nuwe verhale te vorm – met hoop, spanning en soms trane, maar altyd ’n lied.
Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.