Henrik Böth

Henrik Böth, ook bekend as Prof, Weskus Kojak, woon in Saldanhabaai aan die beeldskone Weskus van Suid-Afrika. Hy skryf meestal spanningsfiksie en is die outeur van Nagmaal en die Engelsman, ’n versameling kortverhale.

Hy het in die Noord-Transvaal grootgeword, ’n omgewing en gemeenskap wat sy denkwyse en kreatiewe werk diep beïnvloed het. Hy het begin skryf toe sy vrou met hul eersteling swanger was – eers versies, later gedigte, en nou kortverhale en novellas.

Wanneer hy nie skryf nie, werk hy voltyds as ’n verkoopsbestuurder in die Wes-Kaap en dien hy as radio-omroeper op Houtstok. Sy gunstelingskrywers sluit PG du Plessis, Wilbur Smith en Stephen King in.

Hy glo elke mens dra ’n storie. Hy kombineer hierdie brokke lewe om nuwe verhale te vorm – met hoop, spanning en soms trane, maar altyd ’n lied.

Author's books

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hoe gee Ystervarke Drukkies

Price range: R99.00 through R199.00

Hoe gee Ystervarke Drukkies? is ‘n bundel verhale wat die hart tref waar dit die kwesbaarste is. Van gebroke verhoudings en onverwagte verlies tot oomblikke van humor, vergifnis en menslike verbondenheid – elke verhaal neem die leser op ‘n reis deur die skerp penne waarmee die lewe ons soms steek, maar ook deur die warmte van die drukkies wat ons tog vind.
Met karakters wat eg voel en situasies waarin elke leser iets van hulself sal herken, herinner hierdie bundel ons dat selfs die seerste mense steeds verlang na liefde, begrip en ‘n plek om te behoort.
Hierdie is verhale wat jou sal laat glimlag, laat dink en soms stilweg ‘n traan laat wegvee.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nagmaal en die Engelsman

Price range: R59.00 through R139.00

Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page