Nagmaal en die Engelsman is ʼn versameling uiteenlopende kortverhale, geskryf in verskillende tydvakke.
Hans was ʼn grootman. Nou is hy ʼn sak bene wat uitgeteer wag om die Hiernamaals in te gaan. Santie se hartseer en pyn lê diep. Bring sy afsterwe vir haar vrede?
Fielies verstaan nie so lekker die dinge van die grootmense nie. Veral nie die gebeure rondom die nuwe konstabel op die dorp nie.
Jy staan op die lughawe, hou mense se reaksies dop wat vir hul geliefdes wag. Maar hoe gemaak as jou perfekte romantiese ontvangs, tot ʼn skudding in jou konserwatiewe fondament lei.
Ons almal is maar net mens. Maak ons foute, betaal ons duur vir ons foute, maar wat gebeur as ʼn gesiene man in die gemeenskap voete van klei het.
Roxo was ʼn aartappel boer in Angola, tot sy familie wreed op die ritme van ʼn Marxistiese ideologie vermoor is.
Katbos
Price range: R109.00 through R279.00Mens is soms verbaas hoe baie humor in familiestorietjies opgesluit is en dis net weer ‘n beklemtoning van die Afrikaner se onblusbare sin vir humor. Lees en geniet…

Reviews
There are no reviews yet.