Johan van Zyl

Johan van Zyl is gebore in Vishoek en het in Simonstad en Wynberg grootgeword. Ná diens in die SA Vloot, het hy sy loopbaan as dosent by Landboukollege Glen begin en daar vir 36 jaar klasgegee. Hy woon tans in Gordonsbaai saam met sy vrou, Susan.

Van Zyl het reeds op laerskool begin skryf op sy pa se Olivetti. Sy belangstelling het van wetenskapfiksie verskuif na rubrieke, artikels en joernaalbydraes. Ná aftrede het hy verskeie publikasies in museumjoernale, tydskrifte en koerante gehad. Sy langste reeks was oor muntversameling en het oor veertig uitgawes gestrek.

Hy stuur sedert 2006 maandelikse “Geselsbriewe” aan 'n troue leserskring – sy eie Slampamperpad. Skryf was nog altyd ’n natuurlike uitdrukking van sy nuuskierigheid en liefde vir taal, eerder as iets wat aangeleer is.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Slampamperpad

Price range: R99.00 through R229.00

“Slampamperpad” is eintlik ‘n gedeeltelike outobiografie in vermomming. Dis ‘n onsistematies-gerangskikte beskrywing van ‘n stuk lewensverloop met groot ruimtes tussen-in. Dit wyk gedurig af van die tipies-outobiografiese verwysing na die self, en sluit ander se lewens in, ander se ervarings, ander se sienings. Meeste lesers mag dalk saamstem dat die genre ‘n tipe verwerkte reisbeskrywing is. Die roete is erg kronkelend, maar gelukkig darem besprinkel met skeute humor om elke draai.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page