Een van die betekenisse van slampamper is om “doelloos of bloot vir dieplesier rond te loop: ‘n Mens slampamper langs een van ons verruklike strande of dwaal deur ‘n hawetjie” (‘Volksblad’ 19 September 1958).Slampamperings hoef nie net altyd voete-op-die-grond ervarings te wees nie. Dit kan ook visuele of geestelike ervarings insluit, en dit het die potensiaal om na groter bewuswording te lei.
“Slampamperpad” is eintlik ‘n gedeeltelike outobiografie in vermomming. Dis ‘n onsistematies-gerangskikte beskrywing van ‘n stuk lewensverloop met groot ruimtes tussen-in. Dit wyk gedurig af van die tipies-outobiografiese verwysing na die self, en sluit ander se lewens in, ander se ervarings, ander se sienings. Meeste lesers mag dalk saamstem dat die genre ‘n tipe verwerkte reisbeskrywing is. Die roete is erg kronkelend, maar gelukkig darem besprinkel met skeute humor om elke draai.
Die stil pad
Price range: R99.00 through R229.00Die lewenservaringe van ‘n dowe persoon. Kom stap vandag saam met my na ‘n kykie in die lewe, die lesse, die ondervindinge van ‘n dowe mens.
Die skommelings vir aanvaarding. Die frustrasies. Die tekort aan selfvertroue. Die stryd met jou selfbeeld. Die verleentheid. Die stille hartseer. Die tye van moedeloosheid. Die eensaamheid. Ek wil mense nooi en betrek. Raad uitruil hoe om die lewe vir n dowe geliefde makliker te maak. Ons te ondersteun. ‘n Dag saam in ons skoene te loop. Maar OOK om ons ANDER talente…ons vreugde…ons dankbaarheid en selfs die lekker lag oomblikkies te deel. Want soos die bekende spreekwoord lui: “waar die een deur toe gaan, gaan ‘n ander deur oop.”

Reviews
There are no reviews yet.