Kobus Minnie

Kobus Minnie is afkomstig van Oudtshoorn en werk in ’n verskeidenheid genres, waaronder gedigte, kinderverhale, kortverhale en drama. Hy het in Oudtshoorn grootgeword, en die unieke Karoo-omgewing het ’n diep invloed op sy skryfwerk gehad. Volstruise figureer dikwels in sy beelde, en sy kinderverhaal Jan Dassie se Avonture is geïnspireer deur sy tyd in Mosselbaai en die dassies by die Punt.

Hy het reeds op skool begin skryf, aanvanklik net vir sy eie genot. Sy mees onlangse werke sluit in Die ABC van Emosies, ’n digbundel wat fokus op alledaagse emosies en die boodskap van hoop oordra, en Jan Dassie se Avonture, ’n kleurvolle kinderboek met stories en lesse vir jong lesers.

Sy eerste gepubliseerde werk was Hoe Kersvader sy slee gekry het, wat in Taalgenoot verskyn het. Twee van sy gedigte is ook opgeneem in Simfonie van die See deur SA Digters, en AVBOB het verskeie van sy verse op hul webwerf geplaas. Nog ’n kinderstorie is onlangs opgeneem in die bundel Bolmakiesie #2.

Vir hom is sy lesers uiters belangrik. As sy woorde net een persoon hoop, troos of vreugde bring, is sy roeping as skrywer vervul.

Author's books

Die dassies van Mosselbaai

R229.00

Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Prosa collage

Price range: R59.00 through R139.00

Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Rooikappie en die lockdown

Price range: R59.00 through R109.00

Kobus Minnie neem die jongspan op reis deur hierdie boekie met van ons ou gunsteling-sprokies Rooikappie en die wolf en ander verhale. In Rooikappie en Wolf word kinders geleer van gehoorsaamheid.Die lekker lewe by die dam leer kinders om nie te mors nie, elke storie het les te leer.
Kom saam met Kobus Minnie op ‘n verbeeldingstog vandag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die ABC van emosies

R159.00

Gedigte is selde die werk van ’n ligsinnige verstand en word al lank geassosieer met wat die meeste in die lewe saak maak—verhoudinge, liefde, geestelikheid, die natuur en die betekenis van die lewe. In Die ABC van Emosies, neem Kobus jou op ‘n gedigte-reis deur die lewe. Hy skryf oor die lewe, die ouderdom, die mooi en die seer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page