Kobus Pieterse

Jacobus Johannes Bothma Pieterse, beter bekend as Kobus, is op 27 April 1958 in Kenia gebore as JJB Joubert. Ná sy pa se dood in die Mau Mau-oorlog het sy ma die gesin na Suid-Afrika gebring. In 1971 het hy die van Pieterse aangeneem ná haar tweede huwelik.

Kobus het in 1975 aan Hoërskool Brits gematrikuleer. Ná diensplig by Korrektiewe Dienste het hy as messelaar gekwalifiseer en later ’n tegniese graad in Boubeheer voltooi. Hy en sy vrou Mina is in 1981 getroud en het drie kinders.

Hy het as bouinspekteur en planondersoeker gewerk, maar die grootste deel van sy loopbaan as boukontrakteur en ontwerper deurgebring. Kobus woon op ’n kleinhoewe naby Pretoria-Noord, waar hy tuinmaak, ou motors restoureer en betrokke is by Gemeenskaps Polisiëring. Hy is ook ’n geregistreerde slanghanteerder en werk in sy vrye tyd aan verhale gebaseer op sy eie lewenservarings.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Diamonds are for… almal

Price range: R69.00 through R189.00

Jan Joubert adverteer sy geliefde Ford bakkie om verkoop te word. ‘n Voornemende koper probeer hom by ‘n diamant transaksie betrek en hul neem Ogies as waarborg dat Jan nie met die polisie gaan praat nie.
In sy poging om Ogies te bevry kry ‘n paar manne goed op hul herrie. Alles dui daarop dat die diamante van Angola afkomstig is en dit kom met ‘n draai deur die Kongolese ambassade na Suid Afrika.
Die diamante word hier op die swartmark opgekoop en die geld daarvoor word teruggeploeg in die sakke van gewetenlose smokkelaars in ons buurlande. Sy twee besoeke aan Angola lewer niks goeds op vir die smokkelaars nie…
Net soos Kobus se debuut boek KOMPLOT beloof hierdie boek om jou te boei van die begin tot die einde

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Komplot

Price range: R99.00 through R239.00

Ná twaalf jaar by die polisiemag gooi Inspekteur Jan Joubert die handdoek in en begin as privaat speurder. Sy eerste saak: ‘n vriend wat spoorloos verdwyn het ná ‘n groot lewenspolis. Is dit versekeringsbedrog of iets meer sinisters? Sy ondersoek lei hom oor die grens, reg in die pad van meedoënlose dwelmsmouse en korrupte amptenare. Intussen laat ‘n beeldskone vrou sy hart vinniger klop. Kan Jan die geheime komplot betyds ontrafel of wen die skelms dié keer?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page