Jan Joubert adverteer sy geliefde Ford bakkie om verkoop te word. ‘n Voornemende koper probeer hom by ‘n diamant transaksie betrek en hul neem Ogies as waarborg dat Jan nie met die polisie gaan praat nie.
In sy poging om Ogies te bevry kry ‘n paar manne goed op hul herrie. Alles dui daarop dat die diamante van Angola afkomstig is en dit kom met ‘n draai deur die Kongolese ambassade na Suid Afrika.
Die diamante word hier op die swartmark opgekoop en die geld daarvoor word teruggeploeg in die sakke van gewetenlose smokkelaars in ons buurlande. Sy twee besoeke aan Angola lewer niks goeds op vir die smokkelaars nie…
Net soos Kobus se debuut boek KOMPLOT beloof hierdie boek om jou te boei van die begin tot die einde
Komplot
Price range: R99.00 through R239.00Ná twaalf jaar by die polisiemag gooi Inspekteur Jan Joubert die handdoek in en begin as privaat speurder. Sy eerste saak: ‘n vriend wat spoorloos verdwyn het ná ‘n groot lewenspolis. Is dit versekeringsbedrog of iets meer sinisters? Sy ondersoek lei hom oor die grens, reg in die pad van meedoënlose dwelmsmouse en korrupte amptenare. Intussen laat ‘n beeldskone vrou sy hart vinniger klop. Kan Jan die geheime komplot betyds ontrafel of wen die skelms dié keer?

Reviews
There are no reviews yet.