Kylie Grové

Kylie Grové, gebore as Venessa, het in Pretoria die lewe betree en vanaf twee maande oud in Amanzimtoti grootgeword. Sy het by Kuswag skoolgegaan en al vroeg ’n liefde vir lees en skryf ontwikkel. Reeds op negejarige ouderdom het sy begin dig.

Skryf het vir haar ’n veilige ruimte geword—’n uitlaatklep en vorm van selfterapie. Sy deel vandag haar woorde om hoop en insig te bring, nie om haar verlede te betreur nie.

Kylie wil dat lesers leer uit haar pyn en besef daar ís ’n beter lewe. Sy wil mense inspireer om nie te oordeel nie, maar eerder te help.

Sy voltooi haar graad in sielkunde op 38 en begin binnekort met haar honneurs. Haar drome fokus op die bemagtiging van kinders en vroue, depressie-hantering en selfdoodvoorkoming—oplossings wat werklik werk en mense se lewens aanraak.

Een van haar gunsteling aanhalings is van Zoid: “...want sagte mense is mos sterk.” Sy leef ook volgens Ellen se woorde: “Be kind to one another.” Hierdie eenvoudige wyshede weerspieël haar strewe na sagtheid en empatie

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Raak Real

R169.00

Die lewe is inderdaad mooi as ons dit net kan raaksien deur al die seer van ‘n verwronge lewe.
Die toekoms is nie iets wat voorspel kan word nie. Dit is iets wat gemaak moet word en dit is ‘n belangrike lewensles te leer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page