Baie keer lees ek en dan is sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings so verstommend. Die bundeltitel Raak real, verwys vir my na raak wêreldwys. Kylie vertel van ‘n seer verlede en is die stukkies of grepe wat sy deel, in ‘n besonderse manier van skryf gedoen. Die gedigte raak mens aan in ‘n plek wat seer kry. Die taalgebruik is eie aan die seer wat ek bespeur binne haar. Ek kan haar hoor onthou … In die aande voor ek gaan slaap, is dit asof die stiltes van die nag/, my toevou in my eie gedagtes…
In haar gedig Roos(vir ma Vickey) bly ‘n strofe my by… of wys jy net vir ons dat die lewe, vaal, ook iets moois is: vreugde wat ons moet pluk, dat die keuse ons s’n is? Die lewe is inderdaad mooi as ons dit net kan raaksien deur al die seer van ‘n verwronge lewe.
Die toekoms is nie iets wat voorspel kan word nie. Dit is iets wat gemaak moet word en dit is ‘n belangrike lewensles te leer.
Hoe Paaie Draai
R239.00Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.

Reviews
There are no reviews yet.