Leandra Pekeur

Leandra Pekeur is in Montagu, ’n pragtige dorpie in die Wes-Kaap, gebore en grootgeword. Sy het as voorskoolonderwyseres gewerk en later ’n dag- en nasorgsentrum bestuur voordat sy weer in die onderwys ingetree het by ’n plaasskool. Die ervarings en stories wat sy daar beleef het, het haar kreatiwiteit verder aangevuur.

Nadat die skool sy deure gesluit het, het Leandra besluit om haar skryfdroom voltyds na te jaag. Op 41 het sy haar eerste manuskrip voltooi en haar stem as outeur gevestig.

Sy is die ma van drie seuns en die enigste vrou in ’n huis vol manlike energie, wat haar dikwels inspirasie gee. Haar verhale spruit uit persoonlike ervarings sowel as die wedervaringe van ander, en sy geniet dit om mense se stories in boeiende vertellings om te sit.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Haar verborge Noodlot

Price range: R39.00 through R109.00

Dihana Swanepoel skraap uiteindelik genoeg moed bymekaar om uit ’n gewelddadige huwelik te stap. Terug in haar tuisdorp en tussen goeie vriende, vind sy weer vrede. Tot Jonathan haar opspoor en haar nuutgevonde vrede van vooraf versteur.
Net toe sy dink sy is nou finaal ontslae van Jonathan, kry sy ’n ontstellende oproep van Johanthan se prokureur. Sy is die voog van Lexi, ’n sestienjarige dogter wat wees gelaat is uit Jonathan se vorige verhouding.
Vasberade om Lexi op te spoor nadat sy geheimsinnig verdwyn het, begin Dihana ‘n intense soektog wat haar lewe omvêrwerp. Sy staar haar eie demone in die gesig, insluitend die pynlike herinneringe aan haar mislukte huwelik.
Ondanks hierdie uitdagings, bly Dihana vasberade en mobiliseer hulp van haar gemeenskap en familie. Haar ontmoeting met Lexi is emosioneel en hartverskeurend, wat lei tot ‘n dieper begrip en ‘n sterk verbintenis tussen hulle.
Dihana se reis is ‘n verhaal van hoop, vergifnis, en die krag van familiebande, terwyl sy streef om ‘n veilige en gelukkige toekoms vir Lexi te verseker.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page