Dihana Swanepoel skraap uiteindelik genoeg moed bymekaar om uit ’n gewelddadige huwelik te stap. Terug in haar tuisdorp en tussen goeie vriende, vind sy weer vrede. Tot Jonathan haar opspoor en haar nuutgevonde vrede van vooraf versteur.
Net toe sy dink sy is nou finaal ontslae van Jonathan, kry sy ’n ontstellende oproep van Johanthan se prokureur. Sy is die voog van Lexi, ’n sestienjarige dogter wat wees gelaat is uit Jonathan se vorige verhouding.
Vasberade om Lexi op te spoor nadat sy geheimsinnig verdwyn het, begin Dihana ‘n intense soektog wat haar lewe omvêrwerp. Sy staar haar eie demone in die gesig, insluitend die pynlike herinneringe aan haar mislukte huwelik.
Ondanks hierdie uitdagings, bly Dihana vasberade en mobiliseer hulp van haar gemeenskap en familie. Haar ontmoeting met Lexi is emosioneel en hartverskeurend, wat lei tot ‘n dieper begrip en ‘n sterk verbintenis tussen hulle.
Dihana se reis is ‘n verhaal van hoop, vergifnis, en die krag van familiebande, terwyl sy streef om ‘n veilige en gelukkige toekoms vir Lexi te verseker.
Ané
Price range: R39.00 through R109.00Na Anika se afsterwe, word die sewejarige Ané in die sorg van haar ongevoelige, alkoholis pa gelaat. Sy word daagliks mishandel, net kos gegee wanneer dit hom pas en haar van alle kinderlike plesier en menslike regte ontneem. Daagliks word sy in hulle bouvallige huis op die klein plattelandse dorpie, Klaasdorp, toegesluit om huishoudelike take uit te voer en soos ’n slaaf al haar pa se bevele uit te voer. David, Ané se halfbroer kry haar jammer en probeer sy bes om haar te beskerm, maar hy is self ook ’n slagoffer van Gert se buie. Met hongerpyne wat knaag dink sy een oggend aan die lekker kos by oom Paul se kafee. Terwyl Gert by die werk is, en David by die skool, klim sy deur haar pa se kamervenster. Met haar te klein rokkie, stukkende sandale, en kneusmerke toegeverf met Anika se ou grimering, vaar sy die strate in. Sal David haar uit die wrede kloue van hul pa kan red, of gaan Ané sterwe aan die wonde van sy wrede uitbarsting…

Reviews
There are no reviews yet.