Louise van der Merwe

Louise van der Merwe is ’n trotse tuisteskepper, toegewyde ma van drie energieke tieners, en troeteldierliefhebber met vyf honde en drie katte. Sy deel haar lewe met ’n geduldige en ondersteunende man wat haar skrywersdroom voluit aanmoedig – selfs wanneer aandetes brand omdat sy net “gou-gou” ’n storiegedagte moes gaan neerskryf.

Haar liefde vir stories het begin by haar passie vir lees, ’n geskenk wat haar ma van kleins af by haar gekweek het. Vir Louise was boeke nog altyd ’n ontsnapping – ’n kaartjie na wêrelde vol hoop, sprankel en verbeelding wat die harde werklikheid vir ’n oomblik stilmaak.

Sy skryf omdat sy nie anders kan nie. Stories en stemme leef in haar verbeelding en vra om vertel te word. Louise glo in die krag van woorde, gelukkige eindes, en die tydlose magie van ware liefde.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tienerdrome en spoke

Price range: R99.00 through R239.00

Hoërskool is waar drome gedroom word en kleintyd vriendskappe vlerke kry. Dit besef beste maats Ruan en Tersia eers toe hulle Playstation-wars verander in ‘n stryd vir die ander een se hart! Om jonk, verlief en verlore te wees, het natuurlik sy uitdagings. As mens jonk is, wil jy soen. As mens te veel soen, wil jy ander dinge met die letter S begin doen wat baie aanlokliker lyk!
Is Ruan en Tersia gereed om die wilde rollercoaster te oorleef van ‘n egte tiener romanse wat bestaan uit oorweldigende gevoelens en vuurwarm begeertes? Hoe gaan hulle besluite hulle verhouding beïnvloed? Is hulle bestem om vir altyd net vriende te wees, of kan hulle begin glo aan ‘n sprokieseinde saam?
Beleef die rou emosie saam met Ruan en Tersia deur aan ons interaktiewe Tiener Drome en Spoke-reeks deel te neem en namens die karakters te besluit hoe hulle storie gaan eindig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page