Louw Erasmus

Louw Erasmus bied in sy stories eerlike, onopgesmukte refleksies oor die alledaagse lewe — dikwels in die vorm van stil gesprekke met homself. Sy skryfwerk spreek die leser aan op grond van herkenbaarheid en egtheid. Hy gebruik eenvoudige, direkte taal sonder pretensie of mooiskrywery, en deel die wêreld deur die oë van ’n man wat die lewe regtig geleef het.

Deur swaarkry en vreugde, hartseer en verlange, neem Louw die leser op ’n reis vol herinneringe en menslike insig. Elke verhaal dra ’n stil les — iets om te onthou wanneer jy eendag op die stoep van jou oudag sit en terugkyk op die paaie wat jy geloop het. Sy werk resoneer met waarheid en ’n diep menslikheid wat lank ná die laaste bladsy bybly.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Juk van die Mammon

Price range: R99.00 through R379.00

Die inwoners van Venetia, ’n klein dorpie in Limpopo, word maande lank getreiter deur ongure karakters wat nie skroom om te steel en te moor om hulle beursies aan te vul nie. Sleutelfigure van die gemeenskap word deur die mag van geld by renosterstropery, diamantsmokkelary, en die vervaardiging van dwelms betrek.
Botha Barnard, of Baster soos wat hy alom bekendstaan, besluit om sy lyf na al die jare weer polisieman te hou en self ondersoek in te stel, nadat daar meer as een keer ’n aanslag op sy lewe gemaak en sy renosters gestroop word.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stof

Price range: R89.00 through R219.00

Louw Erasmus se stories is meestal gesprekke met homself oor die alledaagse lewe. Gesprekke waarmee die leser hom/haar kan vereenselwig. Sy taalgebruik is alledaags met geen aansittery en mooi woorde nie. Die lewe soos dit is deur die oë en stem van ‘n man wat ‘n lewe wel geleef het. Deur swaarkry en goeie tye, hartseer en verlange neem Louw jou deur ‘n lewensreis en met ‘n les om te onthou in elke storie, wanneer jy eendag op oudag se stoep sit en terugdink… .

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sy Vrede

Price range: R99.00 through R229.00

Wanneer jou aftreedag jou bekruip, is dit asof alles om jou uitmekaar val, tot jy besef jy kan dit nie keer nie. Dit is asof jy alleen in die woestyn ronddwaal, niemand om jou te help nie, en die jakkalse en aasvoëls wil jou vleis van jou lyf afskeur.

Solank ek met Sy Vrede in my gemoed gaan, weet ek dat ek Louisa se hand sal vashou. God het dit vir my gewys, ons sal vir altyd bymekaar wees, daar waar daar vir ons twee Sy Rus en Vrede sal wees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoojag

Price range: R59.00 through R169.00

Hierdie is my eerste kortverhale bundel en ek wil jou neem om saam met my en my vriende in die Karoo te gaan jag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page