Hierdie is my eerste kortverhale bundel en ek wil jou neem om saam met my en my vriende in die Karoo te gaan jag.
Ou Henry die aardvark was nie deel van ons beplanning nie, maar mense het hom gemaak wat hy is en ek moes net eenvoudig die man help. Hy het die kinders aangeval, maar hy is net ʼn dier.
Outjie, die klein renostertjie, het drie dae na sy geboorte alleen in die veld rond gehardloop, want stropers het sy ma doodgeskiet. Outjie is nou ʼn vredeliewende renoster en hy lok mense oral oor die wêreld om net aan hom te kom raak.
Jy moet ook net vir een dag saam met Wynand beweeg om sy werk as karwag by ʼn besige winkelsentrum te ervaar. Na daardie dag sal jy baie beslis ʼn brandewyn en coke wil hê en Gert sal jou help om daardie glas leeg te maak.
Laastens sal Jan jou op ʼn reis neem wat hy nooit gedink het sal hom oorkom nie. Jan het op ʼn klein spoorweg-dorpie gewerk en gewoon. Hy moes baie trotseer om die skatryk vrou se hand te wen.
Juk van die Mammon
Price range: R99.00 through R379.00Die inwoners van Venetia, ’n klein dorpie in Limpopo, word maande lank getreiter deur ongure karakters wat nie skroom om te steel en te moor om hulle beursies aan te vul nie. Sleutelfigure van die gemeenskap word deur die mag van geld by renosterstropery, diamantsmokkelary, en die vervaardiging van dwelms betrek.
Botha Barnard, of Baster soos wat hy alom bekendstaan, besluit om sy lyf na al die jare weer polisieman te hou en self ondersoek in te stel, nadat daar meer as een keer ’n aanslag op sy lewe gemaak en sy renosters gestroop word.

Reviews
There are no reviews yet.