Bruilof op ‘n Sonneblom
R339.00Duet bundel met Margaret Bennett
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Margaret Bennett is ‘n gebore Suidwester en het fisies en emosioneel deur die lang stof- en grondpaaie van dié land geloop. Sy het groot geword in Otjiwarongo en Kalfeld en in Pretoria studeer. Sy bly tans in Windhoek waar sy ook haar M-graad voltooi het.
Haar gedigte meestal gebasseer op ware verhale van haar eie lewe grootliks as ‘n enkel ma vir meer as 25 jaar. Haar eerste gedig is in 2019 gepubliseer.
Margaret se skryfstyl word gewoonlik gebrandmerk as “moeilik om te verstaan”, maar as jy by elke reëltjie tyd spandeer, sal die waarheid en die beeld daarvan in jou hart lêplek kry. Beelde kry woorde in haar gedagtes en agter elke simboliek is daar ‘n dieper betekenis wat tyd en “diep dink” verg.
Sy het reeds drie bundels uitgegee en van haar skrywes is opgeneem in ‘n verskeidenheid ander bloemlesings.
Margaret is omroeper op verskeie radiostasies. Haar programme bevat onderwerpe soos gesondheid, skrywes, emosionele gesondheid, entrepreneurskap en HallelujahNote wat ‘n loflied versameling is. Sy is die aanbieder van die immergroen program “WoordeVlegsels” wat wêreldwyd op verskeie radio stasies uitgesaai word. Sy is bedrewe met stemopnames vir radio dramas en geniet elke oomblik daarvan.
Sy het twee volwasse kinders en beskou elke dag as ‘n nuwe, opwindende geskenk uit Vader se hand.
Haar hoogste roeping is die van dienskneg wees vir YHVH, die Koning van die Heelal.
Duet bundel met Margaret Bennett